Tegnologie wat ons daagliks gebruik, speel 'n groter rol in minderbevoorgte gemeenskappe as wat ons dalk mag dink. 'n Ketel is byvoorbeeld nie net daar om water mee te kook nie, dit het 'n simbool vir hoop en welvaart geword. Martin Headger praat met Marlene Kritzinger van The Clothing Bank in Johannesburg om meer uit te vind oor hoe tegnologie mense se lewens op eenvoudige maniere verbeter.