Soms ontvang jy 'n SMS- of Whatsappboodskap wat jy glad nie verstaan nie. Jy draai jou kop die kant toe, en daardie kant toe. Jy lees dit onderstebo en agterstevoor, maar niks maak vir jou sin nie. Dis omdat jy nie kubertaal verstaan nie! Daar is deesdae selfs 'n woordeboek en 'n magdom webwerwe wat die woordgebruik vir jou sal verklaar. Ettienne Ludick het die kubertaalterrein aangedurf.