Tegnologie is soms 'n konsep wat ons vrees. Veral wanneer ons sien teen watter spoed dit beweeg. As jy sien hoe jou slimfoon met jou slim horlosie praat en dan met jou slim huis kommunikeer wil mens soms net die stop knopje druk en terug gaan na toe ons nog dom fone en dom huise gehad het. Christelle van Tonder het met Charl Neckermann, die uitvoerende Hoof van IP Soft Pty Ltd en 'n kundige op die gebied van Internet of Things gesels. Jip daar is 'n nuwe konsep wat jy waarskynlik nog nie van gehoor het. Internet of Things is die volgende groot tegnologiese vooruitgang en Charl is hier om meer te verduidelik.