VGKerk Florianville Church

Vind God in die gewone van slaap


Listen Later

Psalm 3.


Aandgebed

Die Here Almagtig gee vir ons ‘n vredevolle nag en n perfekte einde.


Ons bely voor God Almagtig,

die Vader, die Seun en die Heilige Gees, dat ons gesondig het in gedagte, woord en daad, deur ons eie skuld.

Daarom vra ons God om genade oor ons te hê.

Almagtige God, wees ons genadig,

vergewe ons al ons sondes en verlos ons van die Bose. Bevestig en versterk ons in alle goedheid en bring ons na die ewige lewe, deur Jesus Christus ons Here.


O God, red ons spoedig.

O Heer, help ons haastig.


Bewaar ons, Here, terwyl ons waak, en bewaak ons terwyl ons slaap sodat ons terwyl ons wakker is saam met Christus kan waak, en terwyl ons slaap in vrede kan rus.


Bewaar, liewe Here, dié wat werk, of waak, of ween in hierdie nag, en gee u engele opdrag oor dié wat slaap. Versorg die siekes, Here Christus, gee rus vir dié wat moeg is, seën dié wat sterf, vertroos die wat ly, gee genade aan die geteisterdes, wees 'n skild vir die vrolikes en oor almal ter wille van u liefde.

Amen


Die reeks volg die boek van Tom Smith, Vind God in die gewone, ‘n Soektog na God in ons alledaagse. Lux Verbi 2024.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

VGKerk Florianville ChurchBy Mario Ferris