
Sign up to save your podcasts
Or


Jesaja 55: 1-111 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.2 Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.3 Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.4 Ek het hom ‘n getuie gemaak vir die volke, ‘n regeerder en gebieder van volke.5 Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het.6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.7 Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.10 Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.11 So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.
Laai die preek af ten einde bandwydte te spaar (51 Mb) of luister na die klank opname (16 Mb)
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u belewenis van die preek deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.
By NG Gemeente VillieriaJesaja 55: 1-111 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.2 Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.3 Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.4 Ek het hom ‘n getuie gemaak vir die volke, ‘n regeerder en gebieder van volke.5 Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het.6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.7 Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.10 Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.11 So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.
Laai die preek af ten einde bandwydte te spaar (51 Mb) of luister na die klank opname (16 Mb)
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u belewenis van die preek deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.