Sign up to save your podcasts
Or
'n Analise van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat
In hierdie eerste episode van ons nuwe reeks - 'n Selde Gesprek, praat ons met professor Koos Malan oor die onlangse saak van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat [2017] ZACC 48. Hierdie saak handel oor die Universiteit van die Vrystaat se nuwe taalbeleid, waarvolgens Engels aangewys is as die primêre medium van onderrig op voorgraadse en nagraadse studievlakke.
Professor Koos Malan is al 15 jaar lank 'n professor in Publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, nadat hy 'n staatsaanklaer en ook 'n landdros was. Professor Malan spesialiseer onder meer in Grondwetlike teorie, asook Taalregte. Hy is die outeur van die boek Politocracy en verskeie akademiese joernale.
Tydens die gesprek praat ons met professor Malan oor sy algemene indruk van die saak en die meerderheidbeslissing soos voorgehou deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Ons fokus spesifiek op die breër implikasies van die meerderheidsbeslissing op Afrikaans en analiseer die Grondwetlike Hof se neiging om uitsprake in 'n bepaalde historiese konteks te plaas. Professor Malan gee ook vir ons sy interpretasie van die volgende paragraaf in die minderheidsbeslissing (voorgehou deur Regter Froneman), naamlik –
"Die toekoms van Afrikaans lê in die hande van ’n jonger geslag wat Afrikaans praat. Of daar ooit ’n Derde Taalbeweging sal wees, hierdie keer vir ’n inklusiewe Afrikaans ontdaan van ras- en ander vooroordele, sal slegs die tyd leer."
Ter afsluiting analiseer professor Malan die toekoms van Afrikaanse primêre, sekondêre en tersiêre onderrig.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings