Sign up to save your podcasts
Or
Lande soos Egipte, Israel, Irak, Iran, Griekeland, Italië, Sjina, Peru, Meksiko, Tonga, Fidji, ens. het 'n argeologiese rekord wat spesifiek verbind kan word met 'n antieke gemeenskap wat daar eens gewoon het. Die bestudering van sulke antieke gemeenskappe het selfs spesifieke studierigtings oor die laaste 200 jaar geskep waarin belangstellendes hulself kan bekwaam. Egiptoloë bestudeer net die merkwaardige en komplekse argeologie van antieke Egipte. Kundiges in Klassieke Studies bestudeer weer die moondhede wat in Griekeland en in Italië regeer het.
Argeologie fokus nie net op die antieke tye nie. Opgrawings is al gedoen oor die gemeenskappe van die Middeleeue, skeepswrakke van die Vikingers en die slagvelde van die oorloë in die tweede millennium na Christus. Dit sluit selfs die slagvelde van die 19de eeu in. Al hierdie navorsing kan onder die breë sambreel-term Historiese Argeologie val.
In Suid-Afrika is verskillende projekte al onderneem wat handel oor die historiese argeologie van Suid-Afrika. Ongelukkig is min werk al gedoen. Dit kan dalk berus op die feit dat studies in die Steen-en Ystertydperk dalk hoër op die prioriteitslys is as historiese argeologie. Uit die 27 Suid-Afrikaanse universiteite is daar net ‘n paar wat die toekomstige argeoloog oplei. Dit beteken dat ‘n klein klompie professionele argeoloë tans in Suid-Afrika opgrawings mag doen en sodoende die Suid-Afrikaanse historiese rekord met hul bevindings verryk.
Dit is moontlik om spesifieke opgrawings te doen wat op die moderne era van Suid-Afrika fokus. Die opgrawings wat in Kaapstad gedoen is ten opsigte van die VOC-nedersetting, wat toe later as Kaapstad bekend gestaan het, kan vandag in die Moederstad gesien word. Maar dit is moontlik om die gebeurtenisse na 1652 verder noord ook te bestudeer. Selfs die padrao ( klipkruis wat die Portugese seevaarders opgerig het), kan by die Universiteit van die Witwatersrand gesien word (dus is Suid-Afrika se historiese argeologiese rekord nog voor 1652).
As 'n mens die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis deur middel van die wetenskap van argeologie kan bestudeer, is dit dan moontlik om te redeneer dat ons in die toekoms sal praat van "Afrikaner-argeologie"? Opgrawings by Anglo-Boereoorlog- (of Suid-Afrikaanse Oorlog-) slagvelde, voormalige nedersettings van die ou Boererepublieke en selfs die beendere van die afgestorwe bywoner op 'n historiese plaas? Sulke argeologiese opgrawings word reeds gedoen.
Een van Suid-Afrika se bekende argeoloë, wat al verskillende projekte oor Suid-Afrikaanse historiese argeologie behartig het, is professor Anton van Vollenhoven. Luister saam (op ons Webblad, Castbox/ ITunes of Stitcher- kanaal) oor sy opvattinge van die moontlikheid van "Afrikaner-argeologie" as 'n toekomstige vakgebied en ook die huidige stand van Suid-Afrikaanse historiese argeologie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings