
Sign up to save your podcasts
Or


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarverslae toon sedert 2020-2021 ’n skerp toename in die aantal vuurwapenlisensie-aansoeke. Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, verduidelikin hierdie episode van AfriPod wat moontlike redes hiervoor is en hoe AfriForum privaat vuurwapenbesit beskerm.
Die dreunsang “Kill the Boer” is op 22 September 2025 tydens ’n EFF Student Command-protesaksie by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus gesing. AfriForum het die NWU gevra om die sing van dié dreunsang te veroordeel, maar hulle het geweier om dit te doen. In hierdie episode van AfriPod gesels Louis Boshoff, woordvoerder vir AfriForum Jeug, oor volgende stappe wat gedoen gaan word.
Die Tshwane-metro het Maandag vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor die omstrede stadsreinigingsheffing wat op omtrent 250 000 munisipale rekeninge aangebring is. Dit volg nadat die metro se aansoek om verlof tot appèl, in die saak wat AfriForum vroeër gewen het, van die hand gewys is. Die Tshwane-metro wou dié heffing, ten bedrae van nagenoeg R220 per maand, instel op huishoudings wat nie van die metro se vullisverwyderingsdiens gebruik maak nie. Die hof het egter in AfriForum se guns beslis en bevind dat dié heffing onwettig is.
Suid-Afrika se beste skuts word gesoek vir die Ultimate Marksmanship Championship wat vir ’n TV-reeks op AfriForumTV opgeneem sal word. Groot prysgeld is in dieonderskeie afdelings op die spel met soveel as R100 000 wat aan kategoriewenners toegeken sal word. Klik hier om meer oor die kompetisie uit te vind.
Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig maak.
In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.
Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor vuurwapengebruik in hierdie en die volgende episode van AfriPod.
AfriForum het verlede jaar kort voor die nasionale verkiesing ’n memorandumvan verstandhouding met die Tshwane-metro onderteken. Die koalisieregering onderdie DA is egter intussen uit die kussings gelig. ’n Stap wat dié ooreenkoms ingedrang gebring het. Die nuwe burgemeester het egter sedertdien aan AfriForumdie versekering gegee dat dié samewerking sal voortgaan.
Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 ’n omstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. Arno Roodt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid, gesels in hierdie episode van AfriPod oor hierdie heffing en hoe die metro eerder op alternatiewe wyses die begroting kan laat klop.
Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 ’nomstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. ArnoRoodt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid, gesels in hierdie episode van AfriPod oor hierdie heffing en hoe die metro eerder op alternatiewe wyses die begroting kan laat klop.
From the publisher's feed