Sign up to save your podcasts
Or
In 'n spesiale episode van Agterblad; is dit die debuut van Ekstra, Ekstra! waar lede van die Agterblad-span in diepte kan gesels oor sportonderwerpe en gebeurtenisse wat nie altyd dieselfde tyd toegestaan word in die propvol weeklikse Agterblad episodes nie.
In dié episode, gesels Hendré en Francois oor die 2021 VSA-Grand Prix waarin Max Verstappen 'n reuse stap geneem het na sy eerste bestuurderskampioenskap deur die Mercedes van Lewis Hamilton agter te hou in 'n naelbytende finale rondtes (1:20-22:15).
Verder kyk hulle vorentoe na die laaste 5-wedrenne wat voorlê en wie tussen die twee kampioenskapmededingers die trofee gaan lig op die 12de Desember in Abu Dhabi (22:17-34:10).
Die Bestuurdersskuiwe van volgende seisoen word ook onder die kollig geplaas, met bespreking en debat rondom Russel by Mercedes, 2022-regulasies en die moontlikheid van Colton Herta se skuif van Indycar na F1 (34:15-57:12).
'n Propvol episode van F1 analise en debat! Maak seker om ons te laat weet wat jy dink van dié onderwerpe op ons sosiale media blaaie!