Sign up to save your podcasts
Or
In Agterblad se eerste krieket spesialiseringsepisode sluit voormalige eersterangse speler en huidige SuperSport kommentator Louis Wilkinson by ons aan om sy insigte rondom die Suid-Afrika-Indië Toetsreeks te deel.
In hierdie episode kan luisteraars uitsien na ‘n bespreking van Suid-Afrika se 21-man groep: watter insluitings en weglatings laat die wenkbroue lig? (2:00-10:30) Dan word daar ook gespekuleer oor hoe die Suid-Afrika (10:50-21:23) en Indië (21:30-36:00) se eerstekeuse elftalle vir die reeks sal lyk. Die kiestoffies wat beide stelle keurders sal moet kou word ook bespreek.
Laastens, word daar bespreek of hierdie Indiese span, met sy befaamde snelkwintet, die beste Indiese span nog is om sy verskyning op Suid-Afrikaanse bodem te maak en die manne se voorspelling van hoe die toetsreeks gaan afloop (36:20-46:08).
In ‘n vakansie waar krieketpraatjies so sinoniem met braaivleisvure soos ‘n tjoppie en ‘n doppie is, is hierdie ‘n gesprek wat jy nie kan bekostig om mis te loop nie!
Hierdie episode is trots aangebied deur Old School SA! Onthou dat jy die kode 'Agterblad' kan gebruik op hul webtuiste vir R100 af met jou volgende aankope!