100.5fm Nuus Klankgreep

Arrestasie verwelkom van twee met baie dagga


Listen Later

Twee verdagtes is Sondag naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gearresteer weens die besit van dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 1-komma-2-miljoen-Rand. Hul Toyota Quantum is op die R538 deur die Witrivier-blitspatrollie gestop en deursoek. Dit is nagenoeg ‘n ton dagga. Die een, ‘n burger van Eswatini, word ook aangekla van oortreding van die Immigrasiewet. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het die arrestasies verwelkom. Sy woordvoerder, Zandile Mavuso, sê dwelms het ‘n vernietigende uitwerking op gemeenskappe. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld