Afrikaanse Program: Ek nooi alle rugby liefhebbers om na die program te luister. Ons gaan lekker saam kuier as rugby vriende omdat daar geen rugby tans is om na te kyk nie. Franco Hallatt moes ook die afgelope week hoor dat hierdie jaar se Cravenweek toernooi is afgestel weens die Covid 19 virus. Franco het baie hard gewerk soos baie ander jong seuns om die jaar aan die Cravenweek deel te neem. Franco deel sy hart hoe hy besig is om die terugslag baas te raak. MJ Smith deel ook 'n woord van bemoediging met ons en ek gesels ook met Jacques Vermaak wat die kaptein was van die SWD Arende in 2018.