Lees: 1 Joh 4: 7-21.
Fokus: 1 Joh 4: 18.
Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees.
· Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur.
· Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.”
· Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme.
· Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding.
· As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis.
· Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe?
· Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar?
· Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus?
· Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms?