ie Lewende Woord vir Jou:
Lees: Joh 15:1-17.
Fokus: Joh 15:4,5.
Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus!
• Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme
verhouding met sy kerk lewe.
• Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra.
• Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte of
daad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel.
• Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly!
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
• Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus.
• Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jy
sonder Christus nie “vrugte dra” nie?
• Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?