God se Woord VARS vir jou Vandag

Beslis Te Besig!!


Listen Later

Send us a text

Lukas 10:39-42 Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” 

Het jy al opgelet hoe besig mense deesdae is? Om net 'n afspraak met 'n ou vriend te reël, is deesdae ‘n uitdaging! Teen die tyd dat julle twee se dagboeke gekoördineer is, is drie maande verby. Net om dan te vind dat jou vriend die week voor die tyd, die afspraak kanselleer.

Weet jy: die manier waarop iemand jou in hul skedule inpas, sê baie oor wat hulle van jou dink. Maar, aan die anderkant weerspieël die manier waarop jy die ander persoon in jou skedule inpas – selfs of jy op hul boodskappe of e-posse reageer – baie oor wat jy van hom dink. 

Terwyl jy hierdie belangrike saak verwerk, hier is nog 'n gedagte. Ten spyte van sy populariteit; ten spyte van die skares mense wat om Hom saamgedrom en soveel van Hom geëis het, het Jesus nooit haastig gelyk nie. Hy het nooit 'n geleentheid om verhoudings te bou, ter wille van dinge wat gedoen moet word, opgeoffer nie.

Lukas 10:39-42 Marta het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Vra jouself af, wie jy te besig is om in jou skedule in te pas? Miskien is dit tyd om hom te bel.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

863 Listeners