Ons praat vandag met Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en die regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (alom bekend as FOR SA). FOR SA werk in die veld van geloofsvryheid om my en jou reg tot geloofsvryheid te beskerm. Ons praat vandag oor geloof in openbare skole, spesifiek, wat die wet sê ‘n openbare skool mag en nie mag doen nie.