100.5fm Nuus Klankgreep

Bylboordenaar moet lank sit


Listen Later

Die hooggeregshof in Mpumalanga wat in Breyten sit, het Thulani Madonsela drie keer lewenslange tronkstraf opgelê en tot 'n bykomende 38 jaar gevonnis vir die geweldsmisdade wat hy in Februarie 2023 in Ermelo teen sy werkgewer gepleeg het. Madonsela het by Robert Arthur James geld geëis wat na bewering aan hom verskuldig was wat James nie gehad het nie. Madonsela het hom met 'n byl doodgekap en toe sy vrou, Bangon Roopsai, verkrag voordat hy haar ook doodgekap het. James se seun het saam met sy vriendin opgedaag en Madonsela het albei met die byl beseer. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa: 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld