Christensentrum Elspark is ‘n gemaklike, inklussiewe gemeente vir die hele gesin. Meeste van ons mense kom uit die groter Germiston, Boksburg en Brakpan gebiede en sluit areas soos Elspark, Elsburg, Lambton, Freeway Park, Sunward Park en Parkrand in.
Ons het Afrikaanse oggenddienste om 09:00 en het onlangs met Engelse aanddienste begin om voorsiening te maak vir demografiese veranderinge in ons onmiddellike omgewing.
Hoewel die gemeente in die verlede ‘n tradisionele herder-kudde-model gemeente was, het ons die reis begin na ‘n liggaam-van-Christus-model gemeente. Dit veronderstel die identifisering, toerusting, ontplooiing en waardering van ons lidmate se gawes tot voordeel van die gemeente en die welsyn van die gemeenskap.
Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending (AGS).
Ons is deel van die Familia Dei Netwerk.
Stappe om die livestream te kry;
1. Gaan op Facebook
2. Soek Christensentrum Elspark en gaan na die blad toe, hier is die skakel https://www.facebook.com/cselspark/
3. Refresh 08:45 om die live stream op te tel en klik daarop, sit die klank lekker hard en geniet dit!
Die preek sal ook beskikbaar wees op YouTube.
1. Volg die skakel om ons kanaal te vind op YouTube.
https://www.youtube.com/channel/UC3nNN-Xy9zVK9ppeDImGAgQ
2. Subscribe aan ons kanaal en klik op die klokkie.
Jy sal nou ingelig word sodra die preek gelaai is om weer te kyk.
Die preek is ook gelaai op YouVersion Bybel toep om saam Pastoor te volg soos hy preek en vir jou om notas te maak. Hier is die stappe om dit te installeer;
1. Volg die skakels hier onder om die toep te installeer;
Apple play store
https://apps.apple.com/za/app/bible/id282935706
Google play
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.sirma.mobile.bible.android
2. Klik op installeer
3. Maak oop die toep en registreer 'n rekening vir jou
4. Klik op die 3 strepies regs onder.
5. Klik op gebeurtenisse en soek vir Christensentrum Elspark
6. Klik op die gebeurtenis, lees en volg gerus saam met Pastoor en voeg notas by.
7. Stoor die gebeurtenis as jy klaar is vir wanneer julle in julle groepe bymekaar kom om die preek weer te bespreek of weer wil naslaan op jou eie tyd.
Hier is die bank besonderhede om tiendes en offergawes te betaal
EFT - Christensentrum Elspark
FNB
Takkode: 251542
Rekening Nommer: 62660055867
Vir enige vrae, kontak ons gerus en ons sal bystaan om te help.