Andermaal ‘n heerlik om ‘n ateljee vol mens te ontvang wat gesels oor die
belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert, Marianne Peak en Roy Steward gesels saam oor die belangrikste opdrag ooit – “Gaan en maak dissipels!” Hoe doen ons dit? Hoe begin mens en hoe voer jy dit deur. As jy deel wil wees van hierdie Goddelike opdrag – luister en leer. Hierdie gesprek is die tweede van vier. Gaan gerus na die Potgooi van verlede week as jy dit dalk gemis het – Delf Steeds Dieper uitgesaai op 18 Julie. Luister en leer en word ‘n dissipelmaker!!
DIE BOEKVOORLESING van die boek wat Andrew Murray geskryf het, dra dieselfde passie as hierdie gesprek.