Port of call with Riva Schoeman and the Centurion Hospice

Die digitale hiernamaals – is dit emosioneel gesond om jou gestorwe geliefde se virtuele self op Facebook te laat voortleef?


Listen Later

Die land het getreur toe die Afrikaanse sanger Zak van Niekerk (wat toe maar net 33 jaar oud was) op 30 Maart 2012 in ‘n gru-motorongeluk naby Vanderbiljpark dood is. Hy het sy vrou, Sonja van Niekerk, en twee seuntjies Jano. twee. en Zian wat toe net 2 en ‘n half maande oud was agtergelaat. Ja, Zak het op ons CD-spelers, in ons motors en selfs op partytjies voortgeleef, maar sy ondersteuners het selfs verder gegaan en hom in die digitale ruimte laat voortleef. Zak is op ‘n manier ontsterflik geword. Sy Facebook-blad het nie die herdenkingsfunksie gehad nie, en sy ondersteuners, vrou en familie is op ‘n daaglikse basis oorval met Facebook-inskrywings en onthou-jy’s. Vroeër vanjaar het ‘n vriend van Zak ook ‘n Legende-blad gestig wat nou amper 5 000 volgelinge het. Die profiel-foto op die blad, is ‘n foto van sy troudag. Zak is dáár. Steeds daar. In die kuberruimte.

Sonja het ‘n paar jaar na Zak se dood weer getroud, maar is dit gesond vir haar huwelik, vir haar kinders om Zak so ontsterflik te maak? Hoekom kan ons nie maar net die gestorwenes met rus laat en hulle in ons harte laat voortleef nie? Hoe het sosialemediawebwerwe die manier waarop ons rou verander?

By ons in die ateljee is Suzaan Lourens, ‘n berader van Pretoria wat veral in vituele rou belangstel en ons telefoniese gas is Sonja Terblache, Zak se weduwee.

W

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Port of call with Riva Schoeman and the Centurion HospiceBy Centurion Hospice