Eensgesind Klanklêers

Die NP wen met dr Malan en advokaat Strijdom


Listen Later

Verkiesings


In hierdie episode word gekyk na die merkwaardige 1948-verkiesing wat die Nasionale Party onder dr DF Malan gewen het. Eintlik was die volle naam van die party die Herenigde Nasionale Party, nadat generaal Hertzog met dr Malan in 1941 kon versoen. Maar generaal Hertzog het in 1942 gesterf en dr Malan kon toe weer sy party as hoofleier lei.Met die oorwinning in 1948 kon die Nasionale Party sy beleid van Aparte Ontwikkeling (alombekend as Apartheid) in werking stel en sy mag oor die vier provinsies en Suidwes-Afrika (Suid-Afrika se mandaatstaat) konsolideer. Dr Malan sou net een termyn as staatshoof dien. Die Leeu van Noord-Transvaal, advokaat JG Strijdom, het by hom oorgeneem, alhoewel dr Malan meer van minister Klasie Havenga gehou het. By die stembus het die meerderheid stemgeregtigdes vir Strijdom gekies, wat tot sy dood in die amp van Eerste Minister sou dien.Maar waar was dr HF Verwoerd gedurende al hierdie gebeure?Luister gerus saam om meer uit te vind oor hoe die Nasionale Party die fondasie gelê het vir ʼn 46-jaarlange regime.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings