En daar was Takkie die Brakkie
en sy maatjie is 'n slakkie
en hul twee is beste maat!
Hulle lag en hul tol en hulle speel en hul tol
en hulle maak 'n groot geraas
'n maatjie hoef nie soos jy te lyk
soos jy te praat of soos jy te ruik
'n maatjie hou van jou soos jy is
of jy 'n brak is, 'n slak is
of dalk 'n paddavis
Bly net wie jy is!