
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie episode gesels ons verder met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in rally-raid. Glyn deel verder oor sy merkwaardige loopbaan:
· Nissan Motorsport se suksesvolle toermotor-era en die uiteindelike oorgang na veldwedrenne om Nissan se besigheidstrategie in Suid-Afrika te ondersteun
· Die begin van die Dakar-program en die ontwikkeling van die legendariese Nissan Hardbody
· Die gejaag om gereed te wees vir Dakar 2003, gevolg deur geweldige sukses – insluitend verskeie trajek oorwinnings en Giniel de Villiers se algehele 5de plek
· Die politieke prys wat mens betaal wanneer jy te vinnig te suksesvol is…
· ’n Kort geskiedenis van Hallspeed, die oorskakeling na Toyota en die begin van ’n nuwe Dakar projek
· Diesel vs. petrol en die 8-jaar lange stryd na ekwivalensie
· Die kritieke belangrikheid van ’n goeie navigator in rally-raid
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Giniel de Villiers, Pieter de Waal, Mark Edwards, Okkie Pots, Hannes Grobler, Nic de Waal, John Jessop, André Verwey, Neil Woolridge, Mike Whitfield, Mike Griffiths, Richard Leeke, Alec Poole, Nigel Dixon, Roger Taylor, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, André Desoude, Alfie Cox, Duncan Vos, Ari Vatanen, Kenjiro Shinozuka, Matthias Ekström, Tina Thörner, Tommy, Gilles Martineau, Christophe Chaptal, Kozo Watanabe, André van der Watt, Colin McRae, Jean Todt, Richard Schilling, Gilles Simon, Sven Quant, Nasser Al-Attiyah, Sarel van der Merwe, Brett Cummings, Henk Lategan, Dennis Murphy, Charan Moore, Saood Variawa, Guy Botterill, Dr Johan van Zyl, Michelle Hall, Shameer Variawa, Gill Tarlton, Missy Gregorosky, Andrew Kirby, Calvyn Nicolaas Hamman, Andrew Miller, Terrence Marsh, Philippe Marshouw, Nani Roma en Graham Duxbury.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In Episode 23 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in die internasionale rally-raid-wêreld.
Glyn deel sy merkwaardige reis – van sy vroeë jare onder die legendariese Des O’Dell by die Talbot/Chrysler-motorsportspan, tot sy skuif na Suid-Afrika op aanmoediging en leiding van Tony Pond en Geoff Mortimer. Hy vertel van sy eie wedrenloopbaan waarin hy saam met én teen groot name soos Sarel van der Merwe en Hannes Grobler gejaag het, terwyl hy terselfdertyd as motorsportingenieur én deelnemer opgetree het. Ons hoor ook van sy aanvanklike ervaring by Nissan Motorsport, beide plaaslik en internasionaal.
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Des O’Dell, Tony Pond, Geoff Mortimer, Jean Todt, Guy Fréquelin, Sébastien Loeb, Sébastien Ogier, André van der Watt, Andrew Cowan, Tommi Mäkinen, Sarel van der Merwe, Pieter de Waal, Ray Malec, Martin Botha, Bernie Marinner, Mike Barnard, Paolo Piazza Musso, Elizio Miranda, Hannes Grobler, Francois Jordaan, Giniel de Villiers, Mike Whitfield, Atang Makgekgenene, Henk Lategan, Stig Blomqvist, Kalle Grundel, Dr Johan van Zyl, Brendon Shuttleworth, David Leslie, Mark Edwards, Okkie Pots, Nic de Waal, John Jessop.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In Episode 22 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top navigators van sy era en 'n ware legende van die sport, Richard Leeke. Richard het sukses behaal met verskeie top klas bestuurders, wat legendes insluit soos Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh.
Geniet hierdie wedren deur die geskiedenis saam met Richard Leeke, ’n ware legende van die sport!
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Ken Howes, Jody Scheckter, Graham Duxbury, Don Vale, Ben Morgenrood, Steve Harding, Willie du Plessis, Sarel van der Merwe en Hannes Grobler.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In Episode 21 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met Richard Leeke, ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen en een van die top-navigators van sy era.
Hy het vir verskeie van die top-renjaers genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Richard het met die jare ’n fyn aanvoeling ontwikkel om die regte “stem” en benadering te gebruik vir verskillende bestuurders – en sodoende die beste uit elkeen te kry.
Geniet hierdie wedren deur die geskiedenis saam met Richard, ’n ware legende van die sport!
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, “Fred” (die spesiale Toyota Hilux), Hannes Grobler, Duncan Vos, Satwant Singh, Ralph Pitchford, Geoff Mortimer, Richard Schilling, Buks Carolin, Rick Scalzer, Glynn Hall, Giniel de Villiers, Ken Howes, Jody Scheckter, Graham Duxbury, Don Vale en Ben Morgenrood.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
🎙 Episode 20 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar!
In hierdie episode gesels ons met Richard Leeke – sesmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top-navigators van sy era en ’n ware legende van die sport.
Gedurende sy loopbaan het hy vir verskeie van die top-renjaers van verskillende fabriekspanne genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Hy het in stiptheidstydrenne, konvensionele tydrenne én rally-raid wedrenne sy merk gemaak.
Aan die begin van sy motorsportloopbaan het hy soms self bestuur, maar dit was veral in stiptheidstydrenne waar hy vroeg al sy stempel afgedruk het voordat hy oorgeskakel het na tydrenne en rally-raid. Reeds in 1977 het hy die nasionale tydrenkampioenskap gewen saam met een van Suid-Afrika se motorsportlegendes, Sarel van der Merwe.
Richard het met die jare ’n fyn aanvoeling ontwikkel om die regte “stem” en benadering te gebruik vir verskillende bestuurders – en sodoende die beste uit elkeen te kry.
Geniet hierdie stappie deur die geskiedenis saam met Richard Leeke!
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Stan Vos, Bobby Hardy, Tony Pond, Eric Sanders, Hannes Grobler, Sarel van der Merwe, Francis Tucker, Dave Crevitt, Andy Dawson, die Vos-familie (Swaziland), Paddy Driver, Colin Berthordt, Hennie van der Linde, Ted Karsten, Roger Houghton, Eddie Keizan, Jeff Dalgleish, Philip Malan, Kassie Coetzee, “Fred” (die spesiale Toyota Hilux), Hannes Grobler en Duncan Vos.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In hierdie episode gesels ons verder met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid-kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle ook vereer met Protea-kleure vir motorsport.
Franz was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie, wat tientalle beroemde oorwinnings opgelewer het – insluitende vier algehele oorwinnings by die Roof of Africa asook die Toyota 1000 Woestynwedren. Gedurende sy glorieryke loopbaan het hy dit reggekry om elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel te wen.
As 'n taai, onverskrokke maar regverdige renjaer, sal Franz Czepek vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport.
Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Visser-familie, Klaus Degener, Cliff Barker, Franz Czepek Jnr, Marius Beaurain, Ralph Pitchford, Sullwald-familie, Du Plessis-broers, Shameer Variawa, Atang Makgekgenene, Buks Carolin, Richard Schilling, Richard Carolin, Harry Roscoe, en John Salters.
📅 ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
🎧 Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar!
In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle vereer met Protea-kleure vir motorsport.
Franz se loopbaan het van die 1970’s tot die 2000’s gestrek en tientalle beroemde oorwinnings opgelewer. Hy was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie en het elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel gewen.
Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in sy 1977-oorwinning by die Roof of Africa in ’n enkelsitplek Hustler Buggy ná ’n noue tweestryd teen Sarel van der Merwe. Twintig jaar later, in 1997, wen hy die Roof of Africa weer – hierdie keer saam met sy seun Franz Jnr as navigator. Hulle het ook enorme sukses behaal by die uitdagende Toyota 1000 Woestynwedren, wat hulle vier keer algeheel gewen het.
Franz Czepek sal vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport.
Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Eddie Keizan, John Smith, Sarel van der Merwe, Martin Smith, Keith Rivers, Stan Hillman, Parnell, Buks Carolin, Giniel de Villiers, Franz Czepek Jnr, Atang Makgekgenene, Richard “Ouboet” Carolin, Rob Wark, Tony Burges, Chris Visser Snr, Mof Visser, Matty Basson en Chris Visser.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In hierdie episode gesels ons verder met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era.
Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Toyota Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies.
Name wat in die gesprek genoem word, in volgorde van verskyning: Paddy Driver, Hannes Grobler, John Sulters, Louis Cloete, Richard Leeke, Tony Pond en Arthur Harcus.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In hierdie episode sit ons om die tafel met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era.
Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou, en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies.
Name wat in die gesprek ter sprake kom (in volgorde van verskyning): Richard Leeke, Lynden Draper, Hannes Grobler, Chris Visser, Bodo Bertholdt, Gary Bertholdt, Sarel Erasmus, John Sulters, John Kotze, Tony Pond, Apie Reyneke, Buks Carolin, Richard Schilling en Johan van Vuuren.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
In hierdie finale episode van ons gesprek met die legendariese rally-raid navigator, Francois Jordaan, deel hy meer van sy ervaringe, insluitende:
· Die veelsydige rol van ’n navigator in rally-raid, die belangrikheid van wedersydse vertroue, en die invloed en impak van tegnologie
· Die voorsprong wat ’n diep kennis van die reëls jou bied
· Die genot én uitdagings van verskillende wedrenne
· Goeie herinneringe aan die kameraadskap in die kuipe en die talle ligter oomblikke, insluitend ’n kort, ligsinnige optrede as “Judge of Fact”
· Raad vir die jonger generasie deelnemers, asook sy voortgesette liefde en betrokkenheid by motorsport
· “Moenie duik as jy weghardloop van ’n kar nie!”
Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Giniel de Villiers, Kenny Skjoldhammer, Heinie, Piet Swanepoel, Richard Leeke, Henk Lategan, Mark Corbett, Julien Hardy, Brian Baragwanath, Hannes Grobler, Mark Cronje, Robin Houghton, Henry Zermatten, Buks Carolin, Nardus Alberts, Sarel van der Merwe, Arthur Abrahams, Charmaine Fortune, Joe Fourie, Rex Gordon en Jeff Goddard.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
From the publisher's feed
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee…
Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid.
Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.