Eensgesind Klanklêers

Die uilbewaarders


Listen Later

Naby die Hartbeespoortdam is die Owl Rescue Centre. Dit is hier waar twee doelgerigte bewaarders, Brendan en Danelle Murray, alles in hul vermoë doen om beseerde uile te help.


Die Owl Rescue Centre is ʼn Nie-winsgewende Organisasie (NWO) wat met behulp van kundige en toegewyde veeartse na beseerde uile omsien terwyl hulle aansterk. Eiesoortig is hierdie sentrum, geleë op 'n kleinhoewe langs die Magaliesberge, waar beseerde uile hulle tweede kans kan kry.


Om ʼn NWO in ons huidige ekonomiese situasie te bedryf, is nie maklik nie. Dit is een ding om jou eie besigheid te wil begin, maar dit is heeltemal iets anders as ʼn mens dieselfde metodes van so ʼn besigheid moet volg sonder die bedoeling om wins te genereer. Dit is die lot van 'n NWO.


Dit is juis wat die Owl Rescue Centre doen om te verhoed dat Suid-Afrika se 12 uilspesies heeltemal tot niet gaan.

Hoe maak 'n mens dan met so 'n NWO? Wat inspireer 'n mens en hoe kry die Owl Rescue Centre dit reg om wel te kan voortbestaan in hierdie tyd? Eensgesind het met Danelle Murray van die Owl Rescue Centre gesels om meer uit te vind oor die uitdagings van haar NWO. Die gesprek is in Engels opgeneem vir die gerief van die ondervraagde. Eensgesind is oortuig daarvan dat u na hierdie episode anders sal kyk na die stryd wat NWO's moet voer om kop bo water te kan hou en ook hoe kosbaar ons uilspesies vir 'n gesonde ekosisteem is.


Beeldmateriaal uit Danelle Murray se persoonlike versameling.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings