Rosestad Godsdiens

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha


Listen Later

LUKAS 8

Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou met bloedvloeiing
(Matt. 9:18-26; Mark. 5:21-43)
40Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte. 41Skielik kom daar 'n man aan. Dit was Jaïrus, 'n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy knieë voor Jesus se voete geval en Hom gesmeek om na sy huis toe te kom, 42want sy enigste dogter het op sterwe gelê. Sy was omtrent twaalf jaar oud.
Op pad daarheen het die mense om Jesus saamgedrom. 43Onder hulle was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. 44Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: 45“Wie het My aangeraak?”
Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.”
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Rosestad GodsdiensBy Radio Rosestad