God se Woord VARS vir jou Vandag

Dis Meer as net Vergifnis


Listen Later

Send us a text

Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. 

Om ‘n byna perfekte lewe te leef, is nie maklik nie. As dit was, sou almal dit gedoen het. Maar ons weet niemand slaag daarin nie. Ja, wel, soms besluit ons om hierdie slegte ou gewoontetjie te laat vaar, of met daardie goeie een te begin, maar uiteindelik word dit alles net te moeilik, en ons gly lag-lag terug in ons ou patroon.

Ons was almal al in daardie situasie, of hoe? Met goeie voornemens is dit moeilik genoeg om 'n verandering van gewoonte aan te kweek, maar amper onmoontlik om daarmee vol te hou.

Daar is baie mense in hierdie wêreld wat ten minste al die idee om ‘n Christen te word, oorweeg het. Maar dis moeilik. Die meeste ouens is tevrede met 'n afgewaterde: Ja, seker ek glo in God. Maar, my vriend, dit het hul lewens nie in die minste verander nie; dit het hulle nie nader aan die perfekte, gelukkige lewe, wat hulle gehoop het hulle nou sou hê, gebring nie. Die werklikheid lyk anders:

Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is.

Ja, natuurlik begeer ons daardie verkwikking wat kom deur naby aan God te wees. Ons wil dit hê! Maar ons is te papbroekerig om weg te draai van dít wat ons weet verkeerd is; en om terug te keer na God, voordat ons daardie verkwikking sal ervaar.

Ons is bereid om tot inkeer te kom sodat ons vergewe kan word - maar is ons bereid om verander te word, om weg te draai van die sonde waaraan ons vasklou, om die verkwikking waarna ons so verlang, vas te gryp en om ‘n lewe tot eer van God te lei?

Wel, is jy?

Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is.

 

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

865 Listeners