Sign up to save your podcasts
Or

Die gereformeerde formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders sê: "Die heilige doop betuig en verseël AAN ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus. " Christen ouers doop hul kinders uit die besef van sonde en uit gehoorsaamheid aan ons dissipelskap opdrag teenoor alle mense en teenoor ons kinders. Ons doop hulle ook uit dankbaarheid vir die genade van vergifnis van sonde en belofte van redding wat God aan ons kinders betoon - en ons kan nie anders as om die opdrag om ons kinders te laat doop te eer en dit voort te sit in die generasies wat na ons volg nie. Dissipels van Jesus dissipel ook hul kinders en voed hulle op in die vrees en in die weë van die Here, sodat hulle ook weer die geloof in God in hul eie lewe kan voortsit. En die formulier lees verder: "Want as ons in die naam van die Vader gedoop word, betuig en verseël die Vader aan ons dat Hy 'n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot Sy kinders en erfgename aanneem, en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer, of tot ons beswil beskik." Doop is dus 'n direkte uitvloei van ons getuienis van ons geloof in die evangelie, en dus ook ons eerste poging om ons kinders te dissipel vir die koninkryk van God.
00:00 Dissipelskap 4 00:40 Doop en dissipelskap 01:34 Timoteus se mentors (2 Tim 1:3-5, 2 Tim 3:15) 03:50 Wat moet ons doen en hoe? (Matt 28) 07:10 Doopouers se verbondsopdrag 09:00 God maak die doopbelofte uit genade 14:00 Wat sê die doopformulier vir ouers? 17:20 Leer hulle om weer ander te leer 18:10 Organiese dissipelskap in die huis 20:00 Amptelike dissipelskap in die kerk 20:40 Kategese 21:44 Wie is verantwoordelik - kerk en ouers werk saam 23:30 Verbondsgeskiedenis van die volk 26:00 Leef vanuit die belofte van jou doop 28:25 Wat verwag God van jong volwassenes in die kerk? 30:37 Geloofsbeleidenis is net die begin 32:18 Hou mekaar verantwoordelik 33:24 Broers en susters in die geloof 35:15 Weet jy hoe om die christelike geloof uit te leef? 37:20 Dissipelskap is lewenslank 38:28 Doel van dissipelskap: leef die evangelie en dra die blye boodskap oor
Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema
Skrifverwysings: Gen 17:9-14; Matt 28:19,20; Hand 2:39, 2 Tim 3:15; Deut 6:7; 11:9; Ps 71:17; 78:4, Ef 6:4; 2 Tim 3:15; doopformulier, 1 Kor. 7:14; Matt 19:14, 1 Kor 12, 2 Tim 1:5; 2:2, 1 Thes 5:11; Kol 3:16
Relevante artikels en potgooie: http://www.scriptura.co.za/2020/05/waarom-ek-my-siening-oor-die-doop-verander-het/ http://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvrae-uitverkiesing-doop-verbond/ http://www.scriptura.co.za/2019/05/openbare-geloofsbelydenis/ http://www.scriptura.co.za/2018/06/wanneer-ontvang-ek-die-heilige-gees/ http://www.scriptura.co.za/2018/09/3minute1woord-dissipel/ http://www.scriptura.co.za/2018/06/lote-in-god-se-wingerd/
By scriptura.co.za5
22 ratings