Elvira Joubert PotGooi
Download on the App Store

Elvira Joubert PotGooi episodes

  • Wie Besit jou huis?

    Die vyand het nie jou hele huis nodig nie… net een spyker in die muur.

    Een kompromie.
    Een deur wat oopbly.
    Een ding wat jy weet nie daar hoort nie, maar wat jy aanhou verskoon.

    Ons dink soms: “Dis net klein.”
    Maar klein toegang kan groot ruimte gee.

    In hierdie podcast praat ons oor die “spyker in die muur” , daardie klein areas wat ons nie aan God oorgee nie, en hoe belangrik dit is om elke deur toe te maak wat nie van Hom af kom nie.

    Wat het jy dalk toegelaat omdat dit klein gelyk het?

    Tyd om die spyker uit die muur te trek.
    Tyd om die hele huis weer aan Jesus te gee.

    “Gee aan die duiwel geen plek nie.” — Efesiërs 4:27

    #Podcast #Geloof #GeestelikeWapens #GeenPlekVirDieVyand #Jesus #Gehoorsaamheid #Crowned #TrekDieSpykerUit

    https://rvltn.co.za/

    7 min
  • MY KANT. JOU KANT. GOD SE KANT

    Ons sien ’n deel. God sien die groter prentjie

    Elke storie het meer as een kant.

    Daar is my kant, wat ek gesien, gevoel en beleef het.

    Daar is jou kant,  wat jy gesien, gevoel en beleef het.

    En dan is daar God se kant.

    Want waar ons net ’n gedeelte van die storie sien, sien God die groter prentjie.

    Hy sien die begin én die einde.

    Hy sien die seer én die doel.

    Hy sien die dele wat ons nie verstaan nie,  en Hy weet hoe alles bymekaar pas.

    In hierdie podcast praat ons eerlik, luister ons na mekaar se kant en maak ons ruimte vir die
    belangrikste perspektief:

    “Here, hoe sien Ú dit?”
    Want soms gaan dit nie daaroor wie reg of verkeerd is nie, maar om ons perspektief neer te lê en God se kant van die storie te soek.

    🎧 My Kant | Jou Kant | God se Kant

    Ons sien ’n deel. God sien die groter prentjie. 🤍

    #MyKantJouKantGodSeKant #GodSienDieGroterPrentjie #GodSePerspektief #Podcast #EerlikeGesprekke #Geloof #Herstel #RVLTN

    https://rvltn.co.za/

    23 min
  • Vir wat kniel jy wanneer niemand anders kyk nie?


    Shadrag, Mesag en Abednego het in ’n wêreld geleef waar almal verwag is om voor dieselfde beeld te buig. Die druk was groot, die gevolge was ernstig en die oond was reeds warm — maar hulle het geweier om hulle gehoorsaamheid aan God te verruil vir veiligheid, goedkeuring of gemak.

    Hulle geloof was nie net iets wat hulle met hulle monde bely het nie. Dit was sigbaar in wat hulle geweier het om te doen. Hulle het geweet God kán hulle red, maar selfs al sou Hy nie, sou hulle steeds nie voor die wêreld se afgod buig nie.

    “Ons God wat ons dien, kan ons uit die brandende vuuroond red… Maar selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u gode nie sal dien nie.” — Daniël 3:17–18

    Ware gehoorsaamheid begin waar kompromie eindig. Dit is maklik om vir God te staan wanneer ander kyk, maar jou ware aanbidding word geopenbaar deur dit waarvoor jy buig wanneer niemand anders daar is nie.

    Kniel jy voor mense se goedkeuring?
    Voor geld, status, vrees of beheer?
    Voor die druk om stil te bly, saam te stem en in te pas?

    Die drie vriende het gebind in die vuur ingegaan, maar vry daarin rondgeloop. Die vuur wat bedoel was om hulle te vernietig, het net die bande verbrand wat hulle vasgebind het. En in die middel van die vuur was hulle nie alleen nie.

    Gehoorsaamheid waarborg nie altyd dat jy die vuur sal vermy nie. Soms lei gehoorsaamheid jou reguit daarheen — maar God ontmoet jou binne-in dit.

    Hierdie verhaal herinner ons: Moenie voor die wêreld buig en dan verwag om in die vuur te kan staan nie. Kies vandag wie jy sal dien. Bly gehoorsaam, selfs wanneer dit jou iets kos, want die teenwoordigheid van God is meer werd as die goedkeuring van mense.

    🎙️ Luister na die nuwe episode: “Vir wat kniel jy wanneer niemand anders kyk nie?”


    Produced by Dis Raak Produkies

    https://rvltn.co.za/

    29 min
  • Is Jou tee sterk genoeg?

    Tee leer ons iets besonders oor ons wandel met God. ☕💧

    Water alleen is net water. 'n Teesakkie alleen is net 'n teesakkie. Maar wanneer hulle saamkom, begin iets besonders gebeur.

    En hoe langer die teesakkie in die warm water bly, hoe ryker die kleur, hoe voller die geur en hoe sterker die smaak.

    Net so is dit met ons. Hoe langer ons in die Lewende Water, Jesus Christus, bly en in Sy teenwoordigheid vertoef, hoe meer word ons verander. Ons geloof word sterker, ons karakter groei en Sy geur begin deur ons lewe versprei.

    Ware tee neem tyd. Ware verhoudings neem ook tyd. Moenie haastig wees met jou geestelike groei nie. Bly in Hom, vertrou die proses en laat die Heilige Gees Sy volmaakte werk in jou doen.

    "Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug." – Johannes 15:5 🌿


    Produced by Dis Raak Produksies

    https://rvltn.co.za/

    11 min
  • GEKROON


    Kom wees deel van ’n kreatiewe en geestelike retreat, aangebied in samewerking met Bernina.

    GEKROON is ’n unieke retreat-ervaring wat vroue nooi om weer met hulself in aanraking te kom deur kuns, stiltetyd en doelgerigte skeppendheid. Hierdie geleentheid is meer as net ’n werkswinkel; dit is ’n reis na innerlike herstel, inspirasie en transformasie.

     Deelnemers sal die geleentheid kry om hul kreatiwiteit in ’n rustige en veilige omgewing vrylik te laat vloei. Deur middel van tekstielkuns, borduurwerk en masjienstikwerk sal elke gas daaraan herinner word dat sy “gekroon” is – waardevol, doelgerig en uniek geskape.

    Die retreat kombineer:
    • Kreatiewe sessies wat op handwerk en selfuitdrukking gefokus is. 
    • Geestelike refleksie en begeleiding. 
    • ’n Gemeenskap van vroue wat mekaar ondersteun en opbou. 
    • Tyd vir rus, hernuwing en inspirasie.
     
    Plek: Heidelberg, Gauteng
    Datum: 18 – 20 September 2026
    Koste: R1 850 per persoon
    Sluit in:
    • Kreatiewe klas en kroningsessie
    • Saterdagmiddagete 
    • Sondagoggend-versnaperinge 
    • Tee, koffie, beskuit, water en sap 

    Akkommodasie:
    Verblyf is beskikbaar by Cornerstone House en Oak View Manor teen verlaagde tariewe, of by enige van die vele ander gastehuise in Heidelberg.

    Vir besprekings en navrae, kontak Veronika Olivier 082 806 1191 (WhatsApp of bel) of stuur ‘n epos aan [email protected]

    https://rvltn.co.za/

    12 min
  • Waar Pas Ek In?

    Jesus se antwoord: “Doen wat Ek jou geroep het om te doen.”

    Ons vra so maklik: “Here, waar pas ek in? Wat is my plek? Hoe kan ek ’n verskil maak?”
    Maar soms is Jesus se antwoord eenvoudiger as wat ons dink: “Wees gehoorsaam. Doen net wat Ek jou gevra het om te doen.”

    Ons is nie almal geroep vir dieselfde rol nie, maar ons is almal geroep met ’n doel. In Christus is ons aangeneem as kinders van God, nie buitestaanders nie, maar seuns en dogters met ’n plek in Sy huis en ’n taak in Sy Koninkryk.

    Efesiërs 1:5 sê dat God ons vooruit bestem het om deur Jesus Christus as Sy kinders aangeneem te word.
    1 Korintiërs 12:18 herinner ons dat God elke lid in die liggaam geplaas het soos Hý dit wou hê.
    En 1 Samuel 15:22 leer ons dat gehoorsaamheid beter is as offers.

    Hierdie gesprek tussen twee huwelikspare in bediening gaan oor roeping, gehoorsaamheid, huwelik, bediening en die mooi waarheid dat elke rol vir Jesus belangrik is.

    Jy hoef nie iemand anders se roeping te dra om ’n verskil te maak nie.
    Jy moet net Sy stem hoor, en gehoorsaam wees met jóú “ja”.

    🎙️ Waar Pas Ek In?
    ’n Gesprek oor roeping en gehoorsaamheid aan die Heilige Gees.

    Roâ & Isreal van Divine Evangelism saam met Christo & Elvira van RVLTN (Revelation) Coffee Shop & Bistro en Crowned Int Ministry 

    #WaarPasEkIn #Podcast #Roeping #Gehoorsaamheid #KindVanGod #HeiligeGees #Bediening #HuwelikInBediening #Jesus #DoenWatHyJouGeroepHetOmTeDoen

    https://rvltn.co.za/

    57 min
  • Die Gevaar van "Ek Sal Later"

    Uitstel (*delay - lui*) of Ongehoorsaamheid? 🎙️🔥

    Hoeveel keer sê ons: “Ek sal later,” maar eintlik vra God vir nou?

    In hierdie episode gesels ons oor die gehoorsaamheid van Nehemia, ’n man wat nie net ’n muur gesien het wat herbou moes word nie, maar ’n opdrag wat gehoorsaam moes word.

    Ons praat oor hoe uitstel vandag lyk: in ons roeping, ons gesinne, ons besighede, ons genesing en ons verhouding met God.

    Want soms is procrastination nie net tyd mors nie… soms is dit ongehoorsaamheid in ’n mooier woordjie toegedraai.

    🎧 Luister saam en kom deel jou storie met ons:
    Waar het jy al gevoel God roep jou om op te staan, te bou, te begin of terug te keer, maar jy het uitgestel?

    Jou storie kan iemand anders help om vandag weer te begin. 🤍

    #ProcrastinationVsGehoorsaamheid #Nehemia #BouWeer #GeloofInAksie #PodcastAfrikaans #Roeping #Gehoorsaamheid

    https://rvltn.co.za/

    26 min
  • Swanger met God Se Plan

    In hierdie episode praat ons oor doel, geloof, vrees en die saad wat Jesus binne-in jou geplant het. 🌱✨

    Deur persoonlike getuienisse, Bybelse waarheid en die verhaal van Koningin Ester, word jy aangemoedig om God se stem bo vrees en mense se opinies te kies.

    Hierdie boodskap raak temas soos:
    • Doel en identiteit
    • Om vrees te oorwin
    • Hoe om God se stem te herken
    • Geloof in moeilike seisoene
    • Geestelike groei en gehoorsaamheid

    Onthou:
    “Hy wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld is.” 🙏

    Wat het Jesus binne-in jou geplant?

    https://rvltn.co.za/

    15 min

About Elvira Joubert PotGooi

From the publisher's feed

Welkom by die Elvira Joubert PotGooi – 'n plek waar eerlike gesprekke, geloof, inspirasie en die alledaagse lewe bymekaar kom.


Saam met Elvira verken ons temas wat die hart…