Sign up to save your podcasts
Or
Die Agterblad-span kom bymekaar om te gesels oor die geskiedenis wat hul sien plaasvind het Sondagmiddag in Melbourne. Rafael Nadal het homself bo-aan die rekordboeke geplaas in Manstennis, toe hy sy 21ste Grand-Slam titel gewen het in 'n titaniese terugvegpoging teen Daniil Medvedev in die finaal van die Australiese Ope. Die manne debatteer waar dit hom plaas in die ranglys van die beste sportsterre van alle tye en of sy wedywering met Djokovic en Federer geklassifiseer kan word as die beste in sport.
Verder word daar gesels oor die terugkeer van die URC, met die Stormers se terugveg-poging teen die Sharks genoeg om vir hulle 'n gelykop-resultaat te kry. Daar word gekyk na watter SA-span die beste kans staan om te kwalifiseer vir volgende jaar se Champions Cup toernooi.
Dit en nog vele meer op die Telbord, ons Hoek van Helde en waarna om uit te sien volgende week!
Beslis nie 'n episode om mis te loop nie!