AGTERBLAD

EP. 18 - WIE IS NOMMER EEN IN DIE NOORDE EN STORMERS STAP NADER AAN KAMPIOENEBEKER KWALIFIKASIE!


Listen Later

Die manne kom byeen om oor alles Rugby te gesels in 'n propvol episode. 


Eerste word die Ses-Nasies se openingsnaweek onder die kollig geplaas, met Skotland se oorwinning oor die Engelse die uitblink-oomblik van die naweek. Daar word verder gekyk na die Bokke se 2023-Wêreldbeker-groepsmaat Ierland se vertoning teen 'n verpletterde Walliese-span. Frankryk se stadig begin teen Italië word uitgelig, met verdere debat rondom of hul uiteindelik kan oplewe na hul hoë verwagtinge.


Dan word daar gesels oor die URC-uitslae van die naweek, waar die Stormers aanhou verbaas met hul oorwinning oor 'n Haaie-span wat sukkel onder die druk van gunstelinge wees. Daar word bespiegel of hierdie Stormers span werklik die mas kan opkom en kwalifiseer vir die Kampioenebeker volgende seisoen, en of die Bulle onderskat word na hul oorwinning teen die Leeus.


Dit, saam met die Telbord en ons Hoek van Helde, maak dit 'n uitstekende episode vir enige rugby fanatikus!

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

AGTERBLADBy Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen