Sign up to save your podcasts
Or

Daar is nie 'n ander manier om dit te sê nie - na die afloop van die naweek se Grand Prix kan ons nie vir Hendré stil kry nie. 'n Ferrari 1-2 einde, gepaard met sy liefste Mick Schumacher bitter naby aan 'n top 10 einde het die man skoon liries.
Luister gerus na Hendré en Francois se ontleding van die eerste wedren van die 2022 seisoen. Ons bespreek alles, van die eerste indrukke van die verskillende spanne, tot die grootste verassings, teleurstellings en frustrasies. Ons waag selfs 'n paar blikke in na die toekoms.
Het Ferrari nog teruggehou met hulle vuurpyl van 'n enjin? Is Mercedes se doppie vir hierdie seisoen geklink? Gaan Red Bull hierdie jaar enigsins 'n wedren klaarmaak? En hoe op aarde is Kevin Magnussen so vinnig?
 By Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen
By Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl EksteenDaar is nie 'n ander manier om dit te sê nie - na die afloop van die naweek se Grand Prix kan ons nie vir Hendré stil kry nie. 'n Ferrari 1-2 einde, gepaard met sy liefste Mick Schumacher bitter naby aan 'n top 10 einde het die man skoon liries.