Gaan gryp jou masker en mantel en sluit aan by Johanness Fenratis, Melkman en Kaptein Bêrends in ʼn gesprek oor waar mens die lyn trek met jou helde. Die week bespreek ons of dit moontlik is om die kunstenaar van sy kuns te skei, veral na die kunstenaar iets oneties aangevang het. Kevin Spacey, Michael Jackson, Roman Polanski en ou Woody Allen word onder andere gebruik om die gesprek te stuur.