Erns Grunding, bekende reisjoernalis en skrywer van onder andere ELDERS en SUSHI EN SHOSHOLOZA, gesels in ons eerste episode met ons oor hoe hy die uitdagings (en onverwagse lekkertes) van lockdown hanteer. Erns het onder andere sy eie Parkrun gehardloop in sy oprit en vertel hoe oefening (en skottelgoed was!) hom help om negatiewe gedagtes hok te slaan. En as jy gedink het jy is al een wat gedurig wil peusel, jy is nie – Erns sukkel ook daarmee, en as hy net daardie boks paaseiers wat Catherien wegsteek, in die hande kan kry… En hoe sien hy die wêreld post-"lockdown"? Kom luister saam na hierdie inspirerende gesprek!