AGTERBLAD

Episode 11 - Rose klop Bokke op narkose, Lewis vernietig veld in Qatar en die Hane kraai koning!


Listen Later

Na 'n week gevul met net soveel nuus af van die veld as op, kom die manne bymekaar vir bespreking en analise van 'n naweek propvol fantastiese sport.

In vandag se episode word spesiale fokus geplaas op die naweek se ongelooflike rugby. Die Rose se laaste-minuut-strafskop wat die Springbokke gesink het (6:00-28:13) en die Franse Hane wat koning gekraai het oor die All Blacks in 'n Rugbywêreldbeker 2023 openingswedstryd voorskou (28:15-36:45) word in die kollig geplaas.

Verder, word die Qatar Grand Prix bespreek nadat Lewis Hamilton die gaping na kampioenskapsmededinger Max Verstappen na slegs 8 punte gesny het met net 2 wedrenne oor (36:48-50:00).

Op die Telbord debatteer die manne of 2021 beskou kan word as 'n sukses vir die Bokke, wie Ole moet vervang by Manchester United en of Fernando Alonso as een van die beste van alle tye beskou kan word (50:10-1:02:00).

Dit, saam met ons Helde van die Week, 'n blik na die week wat voorlê en nog vele meer op dié episode van Agterblad!

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

AGTERBLADBy Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen