Sophia Kapp, skrywer van 13 romans, het ‘n huishoudelike naam geword onder Afrikaanse lesers met topverkopers soos Dagboek van ‘n bedonnerde diva. Ilse Salzwedel het met haar gesels oor haar lewe tydens " lockdown". Sophia gesels onder andere oor die belangrikheid van roetine, en hoe om te keer dat jy heeldag wil peusel. Haar jongste roman, Kanaan, het pas by LAPA verskyn, en is reeds te koop as e-boek op Amazon.