AGTERBLAD

Episode 8 - Maggies Miller!; Nuno gepos na Ole sy beste vir 'El Sackico' los.


Listen Later

In die nuutste propvol aflewering van Agterblad word die nuus Van die Blad Af oorheers deur Wêreldbeker-nuus en die jongste uitslae uit die Engelse Premierliga (0:00-3:40).


In die Losskrum word die Proteas se puiksege teen die Sri-Lankane ontleed en die manjefieke Miller se lof besing (3:55-16:53). Die manne gooi ook ‘n oog oor die wyer kompetisie, bespreek die Proteas se kans op glorie en wonder wat fout gegaan het met Kohli & Kie (16:54-20:45).


Die tweede helfte van die Losskrum word gewy aan die dekade-oue vraag: om die “proses te vertrou” of nie. Na Nuno die trekpas gekry het slegs 4 maande na sy aanstelling, gesels die manne oor wat presies hulle as belangrik beskou in ‘n nuwe breier en watter tekens hulle wil sien om die proses te kan vertrou (20:49-31:58). Daar word ook in diepte gekyk na wat Nuno se opvolger, Antonio Conte, na die tafel toe kan bring om Spurs in die regte rigting te stuur (31:59-42:22).


Op die Telbord word daar gespekuleer oor of Unai die man is om die Saudi-skatkis by Newcastle te bestuur. Die manne deel ook hul Bok-agterlyne vir die wedstryd teen Wallis en identifiseer die nuwe gunstelinge in die Wêreldbeker na Indië (basies) die trekpas gekry het (42:27-50:36).


‘n Lang, blonde Namibiër, ‘n fris Suid-Afrikaanse slaner en ‘n jong Engelse doelwagter word in die Hoek van Helde verewig (50:37-54:00).


In Beseringstyd word die belangrikste Wêreldbeker wedstryde in die komende week identifiseer en ‘n blits vooruitskouing na die Mexico F1 gegee (54:01-59:07).

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

AGTERBLADBy Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen