'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse.
MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep wat Australië toe aan!