NG VIllieria Potgooi

Erediens: 26 Oktober 2025


Listen Later

Die video sal beskikbaar word sodra die lewendige uitsending begin. Dit is gewoonlik 5-10 minute voor die diens.

Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon. Besoek die web op u selfoon, kies die gepaste preek en maak gebruik van die sosiale meda skakels om dit te versprei. ONTHOU: Druk op die oranje klokkie links onder om kennisgewing van nuwe items op die NGV Web te ontvang op u rekenaar en selfoon! Onthou om u internetleser (browser) en u selfoon se “notification” verstellings aan te pas om boodksappe van www.ngv.co.za te ontvang

Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Kanaal om na die uitsending daar te kyk

Teks: Lukas 4

Jesus word uit Nasaret verdryf(Matt. 13:53-58; Mark. 6:1-6)16 Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, 17is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan:18 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,19 om die genadejaar van die Here aan te kondig.”20 Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. 21 Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.”22 Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?”23 Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’ 24Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. 25Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ‘n groot hongersnood in die hele land gekom het. 26Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. 27En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.”28 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. 29Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 30Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

The post Erediens: 26 Oktober 2025 first appeared on NG Gemeente Villieria.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

NG VIllieria PotgooiBy NG Gemeente Villieria