Sign up to save your podcasts
Or
Tussen Bloemfontein en Johannesburg kan 'n mens die Sandrivierkonvensie se monument sien. Hierdie monument is waar mens kan sê Transvaal as ʼn staat gebore is. Dit is hier waar Andries Pretorius met die Britse gesante vergader het, maar waar was die ander Transvaalse leier, Andries Potgieter? Emile en Johan gesels ʼn bietjie oor die Sandrivierkonvensie en die betekenis van hierdie monument.
Dit is 17 Januarie 1852 en generaal Andries Pretorius loop in die tent in waar die Britse gesante sit en wag om met hom oor die toekoms van die gebied bo de Vaalrivier te gesels. Pretorius was op sy senuwees. Hy het verwag dat dit ʼn lokval sou wees, omdat hy steeds ʼn prys op sy kop gehad het na die laaste slag met sir Harry Smith se troepe by Boomplaats. Die Britse gesante was nie daar om Pretorius te arresteer nie. Hulle wou samesprekings voer om seker te maak dat die gebied bekend as Transvaal nie ʼn toekomstige probleem vir die Britse kolonies in Suid-Afrika sou wees nie. Pretorius wou niks anders as onafhanklikheid hê nie.
Die Britse gesante het dit verstaan en op 17 Januarie 1852 is die konvensie deur beide partye onderteken. Generaal Andries Hendrik Potgieter se handtekening was wel nie daar nie. Hy was steeds in Transvaal en het nie die Britse regering vertrou nie. Maar nou kon hy nie deel in die diplomatiese oorwinning van ʼn Britse erkende staat bo die Vaalrivier nie, of kon hy?
Wat ook al ʼn persoon se argument is, die Sandrivierkonvensie het erkenning verleen aan die stigting van ʼn staat bo die Vaalrivier en dit is deur Pretorius bewerkstellig. Sandrivier is dus sy prestasie.
Luister gerus saam na hierdie episode oor ʼn belangrike monument wat ʼn gebeurtenis herdenk wat ʼn impak gehad het op moderne Suid-Afrikaanse en selfs Europese geskiedenis.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings