
Sign up to save your podcasts
Or


gedig vir pa
(vir Eustace Milborrow)
pa is in livingstone hospitaal opgeneem
afgetakel, afgeknou en uitgeteer
net ‘n versteende skadu van sy glorie
ons is reisigers saamgepak in hysbakke
sommige draai links na die vrouesaal
en ons regs na pa in die manssaal
pa word begroet deur geliefdes met kosblikke
en bemoedig deur besoekers met bybels
maar pa wil niks hoor nie
hy wil net huis toe kom
maar daar's so baie vrae wat pla –
hoe ver het dit versprei
wanneer gaan die dokter kom
wanneer gaan die behandeling begin
en toe…
pynlik en presies skandeer die masjien
die diagnose is koud en naak soos been
en skadu’s strek van hoek tot kant
en doodspraatjies hang hamerswaar
pa is die volgende dag huis toe –
vreemd dat hy ons juis verlaat
toe ‘n sinkende son die aarde
genadiglik met ‘n doodskleur laat
op pad huis toe hoor ek pa se stem
en vra hoe ry ons dan nou sonder hom
ek draai om maar sien niemand en niks
en besef pa het sy stem agtergelaat
met sy laaste huis toe ry
na ‘n ander land
© Selwyn Milborrow, 2021
By Selwyn Milborrowgedig vir pa
(vir Eustace Milborrow)
pa is in livingstone hospitaal opgeneem
afgetakel, afgeknou en uitgeteer
net ‘n versteende skadu van sy glorie
ons is reisigers saamgepak in hysbakke
sommige draai links na die vrouesaal
en ons regs na pa in die manssaal
pa word begroet deur geliefdes met kosblikke
en bemoedig deur besoekers met bybels
maar pa wil niks hoor nie
hy wil net huis toe kom
maar daar's so baie vrae wat pla –
hoe ver het dit versprei
wanneer gaan die dokter kom
wanneer gaan die behandeling begin
en toe…
pynlik en presies skandeer die masjien
die diagnose is koud en naak soos been
en skadu’s strek van hoek tot kant
en doodspraatjies hang hamerswaar
pa is die volgende dag huis toe –
vreemd dat hy ons juis verlaat
toe ‘n sinkende son die aarde
genadiglik met ‘n doodskleur laat
op pad huis toe hoor ek pa se stem
en vra hoe ry ons dan nou sonder hom
ek draai om maar sien niemand en niks
en besef pa het sy stem agtergelaat
met sy laaste huis toe ry
na ‘n ander land
© Selwyn Milborrow, 2021