Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma
    6 Oktober 2026: Dr. Deon Bruwer, wat vanuit sy ervaring in pastorale terapie baie met mense se emosionele en geestelike uitdagings werk, praat oor trauma – hoe dit ons kan beïnvloed, waarom mense dit op verskillende maniere hanteer, en hoe ’n mens kan begin om daarvan te herstel.
    40 min
  • Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie
    27 September 2026: Vyf maande gelede is Lizette Volkwyn met Myasthenia Gravis gediagnoseer. Sedertdien moes sy leer saamleef met ’n liggaam wat nie altyd doen wat sy verwag nie, en ook leer om ander mense se hulp te ontvang. Johan van Lill gesels met haar oor ondersteuning, onafhanklikheid, goedbedoelde raad en die mense wat help om ’n mens se pad weer gelyk te maak.
    44 min
  • Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg?
    22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese professie hulle empatie en menslikheid kan behou sonder om self onder die gewig van die werk te knak.
    42 min
  • Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink
    8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap, selfdeernis en rou. Die program eindig in die koue Atlantiese Oseaan waar die filmmaker, Craig Foster, ’n onverwagse ontmoeting met ’n Kaapse otter beleef.
    45 min
  • Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel
    1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n gesprek oor manlikheid, buitestanderskap, familie, geloof, woede, identiteit, selfaanvaarding en die behoefte om te behoort.
    40 min
  • Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke
    25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens iets van só ’n ervaring na jou gewone lewe kan terugneem.
    44 min
  • Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid?
    18 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr. Wicus van der Merwe, die hoof van kerklike opleiding aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria, oor geestesgesondheid en die kerk. Hulle bespreek waarom geestesgesondheid ook ’n saak vir die kerk behoort te wees, hoe geloof en professionele hulp mekaar kan aanvul, en waar die grens tussen pastorale ondersteuning en professionele behandeling lê.
    46 min
  • Geestesgesondheid: Wanneer angs jou lewe en werk begin beïnvloed
    11 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor wanneer angs ’n mens se lewe en werk begin beïnvloed. Hulle bespreek wanneer professionele hulp nodig is, hoe angs behandel en prakties hanteer kan word, en hoe ’n mens met ’n werkgewer oor moontlike ondersteuning kan praat.
    45 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.