Om te spaar is om geld weg te sit vir die toekoms in plaas daarvan om dit dadelik te gebruik. Om te spaar is ook om spaarsamig en slim te leef sodat jy minder geld uitgee en meer het om vir jouself te hou. Dit is hoe ʼn mens voorbereiding tref vir toekomstige behoefte, vir noodgevalle of bepaalde doelwitte.
· Jy het ʼn begroting nodig om seker te maak jy het geld om te spaar
· Wenke om spaarsamig te leef:
o Kanselleer maandelikse subskripsies
o Maak self kos ipv uiteet en wegneemetes
o Maak van lojaliteitsprogramme gebruik
o Vermy impulsiewe kopies
o Oorweeg ʼn saamryklub
o Oorweeg dit om jou leefstyl af te skaal
o Verkoop onnodige en ongebruikte goedere
· Waarvoor spaar jy?
o Noodfonds
o Om skuld af te betaal is die beste belegging!
o Spaar vir aftrede of jou oudag wanneer jy nie meer kan werk nie.
o Spaar vir groot uitgawes soos selfone, kar, huis.
o Spaar vir kinders se opvoeding of universiteit.
o Spaar vir vakansies of spesiale ervarings.
· Spaar jou geld op ʼn veilige en toeganklike plek.
Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.
#GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële vryheid – https://krugerinternasionaal.co.za