Op Maandag van die Groot Lydensweek - 6 April 2020, worstel geknakte riete met geloof. Maria was Jesus se voete op die vooraand van sy kruisiging; Ingrid Jonker worstel in diep vertwyfeling. Covid19 sny diep in ons wese in. Wat beteken om te glo as ‘n geknakte riet?