Godsdiens / Erediens

Godsdiens / Erediens

Download on the App Store

Godsdiens / Erediens episodes

  • Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman
    LUKAS 24

    45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ 48Julle is getuies van hierdie dinge. 49En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”
    12 min
  • Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman
    JEREMIA 18

    4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.
    5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig.
    13 min
  • Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman
    JEREMIA 18
    Soos klei in die pottebakker se hand
    1Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.
    3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.
    5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. 7Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig. 8Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, 9en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig. 10Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen
    12 min
  • Maandag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman
    MATTEUS 23
    Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en die Fariseërs
    (Mark. 12:38-39; Luk. 11:43-46; 20:45-46)
    1Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek 2en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. 3Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie. 4Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie. 5Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. 6Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges 7en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word.
    13 min
  • Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies
    EKSODUS 4
    1Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?”
    2Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?”
    “'n Kierie,” antwoord Moses.
    3“Gooi die kierie op die grond!” sê die Here vir hom.
    Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee.
    4Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand uit en gryp hom aan sy stert.”
    Moses steek sy hand uit en gryp hom, en skielik word dit weer 'n kierie in sy hand.
    5Toe sê die Here: “Op grond hiervan sal hulle glo dat die Here die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.
    6“Steek nou jou hand in die vou van jou klere!”
    Hy steek toe sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit melaats, so wit soos sneeu.
    26 min
  • Vrydag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
    HANDELINGE 22
    Paulus vertel van sy bekering
    (Vgl. Hand. 9:1-19; 26:12-18)
    1“Broers en vaders, luister na wat ek nou tot my verdediging vir julle wil sê.”
    2Toe hulle hoor dat hy Hebreeus praat, het hulle nog stiller geword.
    3Hy gaan toe voort: “Ek is 'n Jood wat in Tarsus in Silisië gebore is, maar ek het hier in Jerusalem grootgeword. As leerling van Gamaliël is ek volgens die streng opvatting van die wet van die voorvaders opgevoed, en ek was net so 'n kampvegter vir God soos julle almal vandag is. 4Ek wou die mense wat die leer van Christus volg, totaal uitroei. Mans sowel as vrouens het ek gevange geneem en in tronke laat stop. 5Dit kan die hoëpriester en die hele Joodse Raad bevestig. Van hulle het ek selfs bekendstellingsbriewe aan die Joodse broers in Damaskus gekry om ook daar hierdie mense in hegtenis te gaan neem en Jerusalem toe te bring om gestraf te word.
    19 min
  • Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
    MATTEUS 26

    Die paasmaaltyd word voorberei
    (Mark. 14:12-21; Luk. 22:7-14)
    17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
    11 min

About Godsdiens / Erediens

From the publisher's feed

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00