Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir Cogta, Speedy Mashilo, het egter tydens 'n portefeuljekomiteevergadering aan die lig gebring dat Rand Water 'n 50%-waterversperring op die munisipaliteit afgedwing het weens hul skuld – wat meer as R800 miljoen is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus