Sign up to save your podcasts
Or
Andries-Ohrigstad was eers die dorp se volle naam. Dis vernoem na Andries Potgieter en natuurlik Georgius Ohrig, twee historiese figure (uit die Voortrekkerdae) wie se verhouding tot dusver maar min aandag gekry het.
Sekerlik herken jy, veral van jou skoolgeskiedenishandboek (al was dit die vervelige UGO- kurrikulum) of na 'n besoek by die Voortrekkermonument, wie Andries Potgieter was. Voortrekkerleier wat hare op sy tande moes hê met sy trekgemeenskap, hulle deur rivier, drif en veldslag gelei het om later verewig te word met die POT van Potchefstroom. Wie was Ohrig dan?
Suid-Afrika is strategies vir enige besigheid in die wêreld. Die VOC het dit verstaan, dalk selfs die Guptas, maar in die vroeë 1800’s het ʼn Nederlandse handelaar, Georgius Gerardus Ohrig, ook besef dat dit wys sou wees om met die Voortrekkers in die binneland van Suid-Afrika handel te dryf. Hulle praat sy taal, is gewillig om met hom te handel en kry dit reg om primêre hulpbronne te verskaf. Dis enige handelaar wat wil uitvoer, se droom.
Die einste Ohrig en 'n kêrel met die van Smellekamp het eens probeer om die Republiek Natalia aan die Nederlandse koning te bied as 'n kolonie van Nederland natuurlik.
Potgieter was ook nie blind vir die feit dat hy nie sommerso op sy eie met Ohrig kon handel nie. Die Voortrekkers onder sy leiding, wat teen daardie tyd Potchefstroom verlaat het om nader aan die Portugese by Delagoabaai (dis nou Maputo vandag) te trek, het hul eie “gemeenskaps”- besigheid geskep sodat elkeen kon deel in die te voorsiene welvaart. Met Ohrig se besigheid Klijn en Kie. het hulle geglo dat hulle sukses sou bereik.
In hierdie episode van Padlangs Limpopo, vertel Eensgesind in ʼn neutedop die storie van die dorp Ohrigstad gedurende die tyd van Voortrekkerbesetting. Dan reis ons oor die streek van die Mpumalanga-provinsie om by Ohrigstad te kom, wat so te sê op die grens van die Mpumalanga- en Limpopo-provinsie lê, om te vertel wat 'n mens Padlangs kan vind op die pad tussen Ohrigstad en Burgersfort; want in Ohrigstad kan 'n mens die einste Voortrekkers besoek wat eens daar gelewe en gesterf het .
'n Mens kan nog ʼn oorspronglike muur sien wat die Voortrekkers gebou het om hulle teen enige aanval te beskerm.
Wat Eensgesind ook geprikkel het om die dorpie te besoek, was die Voortrekkerbegraafplaas, die laaste rusplek van die vorige “aandeelhouers” van die maatskappy wat eens daar welvaart moes skep. Nie net is hierdie begraafplaas van belang vir Suid-Afrikaanse sosiale-politieke geskiedenis nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse ekonomiese (lees ook besigheids-) geskiedenis. Ja-nee, Eensgesind het gou agtergekom 'n mens kan nie te “orig” in Ohrigstad wees nie, want die geskiedenis verbaas jou om elke draai.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings