God se Woord VARS vir jou Vandag

Herskep in die Wildernis


Listen Later

Send us a text

Lukas 4:14-15 Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat. 

Dit voel party dae asof jou swaarkry vir ewig gaan aanhou en nooit gaan ophou nie. Jy sien geen hoop op ‘n uitkoms of selfs verligting van jou situasie nie. Die druk is so groot dat jy vir jouself sê: Dis ondraaglik. Ek kan nie voortgaan nie! Wanneer gaan dit eendag eindig?

Diamante, wat wêreldwyd baie werd is, word sowat 190 kilometer onder die oppervlak, diep binne-in die aarde se maag gevorm. Dit gebeur gedurende 'n ontsettende stadige proses onder enorme druk en hoë temperature – ons praat van 60 000 keer atmosferiese druk, en 1 300 grade Celsius.

Die diamante word uiteindelik deur vulkaniese uitbarstings deur kimberlietpype na die oppervlak gevoer, waar dit ontgin en as kosbare minerale verkoop kan word.

Gister het ons gesien hoe God Jesus in die woestyn “uitgegooi” het – dit was sy besluit om dit aan sy geliefde Seun te doen!

Lukas 4:14-15 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.

Nadat Jesus die veertig dae van daardie verskriklike tyd van hitte en die druk van satan oorleef het, het daar wonderlike dinge met Hom gebeur.

Hy het in sy openbare bediening met die krag van die Heilige Gees begin.

Dit lyk asof God se gewoonte is om sy allerbeste – of dit nou 'n diamant of 'n karakter is – onder hitte en druk te vorm. En wanneer jy in daardie woestyn is, gaan die tyd teen 'n ondraaglik stadige tempo verby. Maar hou moed, werk saam met God, en jy sal met die krag van die Heilige Gees anderkant uitkom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

863 Listeners