Op 13 April 2018 het die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n gewapende aanval op sekere chemiese wapenfasiliteite in Sirië geloods in reaksie op president Bashar al-Assad se gebruik van chemiese wapens in die distrik Douma in suidwes-Sirië. Hierdie aanval was, volgens bogenoemde state, genoodsaak ten einde verdere chemiese wapenaanvalle in Sirië te voorkom.
Artikel 2(4) van die Verdrag van die Verenigde Nasies bepaal soos volg -
"All members shall refrain in their international relations from the threat or use of force against the territorial integrity or political independence of any state, or in any other manner inconsistent with the Purposes of the United Nations".
In hierdie episode van 'n Selde Gesprek gesels Eensgesind met professor Christo Botha oor die regmatigheid (al dan nie) van bogenoemde state se optrede in Sirië. Professor Botha is 'n hoogleraar aan die Universiteit van Pretoria. Hy is aangestel in die Departement van Publiekreg en spesialiseer onder meer in wetsuitleg en internasionale humanitêre reg.
Luister ook na: 'n Selde gesprek met dr Jan du Plessis- klik hier
Die gesprek handel oor verskeie onderwerpe in internasionale reg, insluitend die bronne van internasionale reg, die afdwingbaarheid van internasionale reg, die verskil tussen jus ad bellum en jus in bellio, state se reg op selfverdediging soos vervat in artikel 51 van die Verdrag van die Verenigde Nasies, en state se sogenaamde "resposibility to protect/R2P".