God se Woord VARS vir jou Vandag

Indien Nie Jy Nie, Wie Dan?


Listen Later

Send us a text

Mattheus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” 

Nie een van ons hou daarvan om tyd saam met moeilike, onbeskofte en ‘toksiese’ mense deur te bring nie. Tog voel dit party dae asof ons deur hulle omring word. En ons wil uitroep: Help! Ek moet wegkom van hulle. Jy ken daardie gevoel, nè?

Nou ja, daar is mense van wie jy moet wegkom om jouself te beskerm. Soos situasies wanneer jy jouself in 'n vernietigende verhouding bevind, byvoorbeeld: 'n narsistiese baas, of as jy ‘n mishandelende huweliksmaat het. 

Afgesien van daardie tipe uiterstes, is dit alte maklik om mense te vermy, bloot omdat jy nie van hulle hou nie; of omdat jy vind dat wat hulle glo, sê of doen, vir jou aanstootlik is. Goed, maar as jy, wat vir Jesus aanbid, hulle vermy; hoe sal hulle ooit die vreugde en die vryheid van goddelike goedheid ontdek?

By een geleentheid het Jesus besluit om saam met 'n klomp sondaars: tollenaars, diewe, afpersers aandete te eet.

Matteus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Jesus se ete saam met daardie sondaars was nie 'n geval van uittarting van die ‘godsdientiges’ nie. Dit was 'n daad van radikale, onverdiende genade. Wie is die sondaars in jou lewe wat daardie soort genade nodig het? En as jy nie hierdie liefde en genade aan hulle gaan bewys nie … wie sal dan?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

863 Listeners