Sign up to save your podcasts
Or

Openbaring 20 vertel ons dat die regverdiges na die wederkoms vir 1000 jaar saam met Christus sal leef en regeer. Tydens die 1000 jaar – die millenium – sal die boeke geopen word. Die regverdiges sal na elke persoon se rekord kyk en weet dat die liefde en geregtigheid van God altyd die maatstaf was wat gebruik is om die onregverdiges se lot te bepaal. Ons sal selfs die rekord van die duiwel en sy enegle kan sien en help om hulle finale straf te bepaal (1 Korinthiërs 6:3).
Tydens die tyd word die duiwel tot die aarde beperk (Openbaring 20:2, 3). Niemand anders sal in die tyd op die aarde lewend wees nie. Die duiwel sal niemand kan versoek nie, hy sal geen oorlog kan aanvuur nie, geen lyding oor iemand se pad bring nie. Hy sal gebind wees deur die omstandghede van ‘n woeste planeet en hy sal tyd hê om te dink en vir sy finale plan voor te berei.
Aan die einde van die 1000 jaar sal God en die regverdiges saam met die Heilige Stad, die Nuwe Jerusalem, na die aarde terugkeer (Openbaring 21:2). God het beloof, “Kyk, Ek sal alles nuut maak” Openbaring 21:5). Die glorieryke derde koms is die begin van die skepping van ‘n nuwe aarde. Voor dit kan begin, moet een laaste hoofstuk in die sonde sage nog voltooi word. Ons aarde, wat vir 1000 jaar verweerd en stukkend gewag het, is die toneel van die finale hoofstuk in die konflik tussen God en die duiwel. Terwyl die Heilige Stad op die Olyfberg neerdaal, gee die krag van God lewe aan al die onregverdiges wat gekies het om Hom nie te aanbid nie (Sagaria 14:4). Openbaring 20 beskryf hulle as soveel soos die sand van die see (Openbaring 20:8).
Die duiwel word nou losgelaat uit sy gevangenis van omstandighede en spring dadelik aan die werk om al hierdie mense te oortuig dat dit maklik sal wees om die Heilige Stad oor te neem en vir ewig van God, Sy reëls en Sy volk ontslae te wees (Openbaring 20:7). Die duiwel en sy engele saam met diegnee wat deur al die eeue heen gekant was teen God se regering, berei voor om die Heilige Stad oor te neem. Terwyl hulle na die stad opmarsjeer, reën vuur van God uit die hemel op hulle neer en verbrand hulle (Openbaring 20:9).
Die Bybel verwys hierna as God se vreemde optrede (Jesaja 28:21). Dit is teen Sy aard om enige van Sy skepping te vernietig. Tog sal diegene wat herhaaldelik Sy liefde ontken het en Sy genadige uitnodiging verwerp het eindelik finale ewige skeiding van God ervaar. Die gevolg van hulle besluit is ewig. Die vuur wat hulle verteer is momenteel, maar die gevolge van die vuur is ewig. Hulle is vir ewig uitgewis. Diegene wat gekies het om die duiwel en sy engele te glo ontvang hulle beloning – die ewige dood. Openbaring 20:14 sê Dit is die tweede dood. Die hel se vure is die beslissing vir die laaste groot konflik. Die vuur verteer diegene wat teen God gekies het. Dit is ons keuse om te besluit of ons binne of buite die Heilige Stad wil wees.
Dis ons keuse om die liefde van God te aanvaar en die ewigheid met Hom deur te bring of om teen Hom kant te kies en die loon van die sonde – die dood te ontvang. Sal jy vandag Sy gawe – lewe – kies?
By Neville NevelingOpenbaring 20 vertel ons dat die regverdiges na die wederkoms vir 1000 jaar saam met Christus sal leef en regeer. Tydens die 1000 jaar – die millenium – sal die boeke geopen word. Die regverdiges sal na elke persoon se rekord kyk en weet dat die liefde en geregtigheid van God altyd die maatstaf was wat gebruik is om die onregverdiges se lot te bepaal. Ons sal selfs die rekord van die duiwel en sy enegle kan sien en help om hulle finale straf te bepaal (1 Korinthiërs 6:3).