God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Geskenk


Listen Later

Send us Fan Mail

1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB) 

Weet jy hoekom ek van jou hou? Ek is mal oor die feit dat jy so anders as ek is. Jou motivering is heeltemal anders en jy het ander vermoëns wat in jou DNS ingebed is. Jy het ook unieke ervarings deurgemaak, wat jou gevorm het. Ongelukkig is daar baie mense wat hul gawes en hul vermoëns met ander vergelyk en hulself as minderwaardig beskou. Maar dis 'n groot fout!

Tydens die Kubaanse Missielkrisis van 1962, was Vasily Arkhipov tweede in bevel op 'n Sowjet-duikboot gewapen met kernwapens. Omdat hulle geglo het dat die oorlog reeds uitgebreek het, het die bemanning alles gereed gekry om ‘n kernwapen te lanseer. Twee senior offisiere het dit goedgekeur - maar die Sowjet-protokol het drie vereis. Arkhipov was die enigste een wat geweier het. Hy het daarop aangedring om na die oppervlak te kom en op bevele te wag.

Hy was nie die offisier met die hoogste rang aan boord nie, ook nie 'n politikus of wetenskaplike nie - net 'n gedissiplineerde vlootoffisier met die morele moed van sy oortuiging en die vermoë om kalm te bly onder druk. Sy selfbeheersing, wat deur sommige mense as ‘n swakheid beskou is en deur sy mede offisiere as vrees bestempel is, het die wêreld van vernietiging gered.

1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB)

Kom ons sê jy is Vasily in daardie duikboot. Die spanning loop hoog. Jou kaptein beveel jou om te gehoorsaam. Hoe belangrik beskou jy jou vermoë om op daardie oomblik kalm te bly? 

Jy het natuurlike gawes en vermoëns ontvang wat diegene rondom jou nie het nie. En die taak wat God jou gegee het, is om dit te gebruik; al is dit oënskynlik onbeduidend vir jou. 

Ons het jou nodig. Reik uit en gee dít, wat jy ontvang het, asseblief aan na die volgende persoon!

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

943 Listeners